1 reviews | Active since Oct 2024
Momentum gesamentlike polis vir getroude egpare
Ek en my ex man het in 2005 'n polis by Momentum uitgeneem. Hy is die eienaar en ek die 2de versekerde. Ons het gedink dis 'n bargain want ek kry daai tyd dink ek R2 miljoen vir kleiner bedrag. Ons is in 2019 geskei. Toe vind ek uit ons kan nie die polis split. Hy weier om dit oor te teken na my naam. Want ek betaal dit. So sy bedrag gaan elke jaar op. Ek kan nie myne wegvat. Dit trek al op R3200. Ek kan dit nie bekostig . Myne alleen is net R1000. Neem ek heel nuwe polis uit by hulle betaal ek R2200 wat ek voel is onregverdig. Ek het Okt 2024 'n review opgesit. Maar per ongeluk verkeerde maatskappy. Hulle baie vinnig gebel en toe Momentum se maatskappy my laat s***el. Belowe hulle sal dit gou uitsorteer. Ek moet my makelaar sê om hulle te s***el. Maar solank hy dit nie oorteken, of bereid is om syne te vat. Kan hulle my nie help nie. Dit gaan op ou end veroorsaak dat ek nie verder kan betaal. Hy het ongelukkig agteraf besigheid op my naam gedoen en ek sukkel om alles te betaal. Sowel as Covid het my besigheid so skade gedoen dat ek nie eers daai bedrag wins maak. Ek verkoop vrugte en groente en vleis om net die basies te betaal. Ek voel hierdie goed moet Momentum assuransie agente jou waarsku. Niemand beplan om te skei. Maar as jy doen trek iemand gewoonlik dwars. Nou betaal ek al 6 jr aan premies wat ek kon beter aanwend. Ek het my ex man al gese al kan ek syne ok afbring na R1000 'n maand. Met geen verhoging op syne. Dan kan ek dit bybring. Hy ignoreer my flat. Die makelaar het ok al probeer. Dan kry hy kamma nie die vorms ens ens ens.
Thank you for your posting.
We have different divisions within the company and in order to refer the matter to the correct department for assistance, please provide us with a policy number or identity number of the policyholder. You may submit this information under a private reply.
Thank you
Kind regards
NH
Thank you for your posting.
We have different divisions within the company and in order to refer the matter to the correct department for assistance, please provide us with a policy number or identity number of the policyholder. You may submit this information under a private reply.
Thank you
Kind regards
NH
