Momentum ******
Aan al my mede pensionarisse weet julle hoe ons bevark word deur die sogenaamde groot finansiële instellings? Weet julle hoeveel van ons geld word deur hulle gesteel? Ons word gedwing deur die wet om ons geld in die sogaamde annuiteite te belê en dan stuur hulle die sogenaamde persoonlike finansiële adviseurs (PFA's) om ons die keuse te gee in watter beleggings planne te belê. Hulle kom dan daar aan met 8 -10 verskillende planne met die belofte van 'n volhoubare inkomste en kapitaal groei wat sal meebring dat mense nooit finansieel van die staat afhanklik sal raak nie. Hulle beloof jaarlikse groei van so tussen 8 -12% per jaar en as jy gelukkig is kry jy net sowat 50% of minder van wat hulle belowe het. Dis die grootste snert en nie die papier werd waarop die planne gedruk is nie mense. Ongelukkig vertrou mense hierdie con artists blindelings en hou nie hulle beleggings dop nie en na 'n paar jaar moet hulle uitvind hulle fondse is uitgeput deurdat die fondse nie groei soos die PFA beloof het nie en by navraag word daar eenvoudig die verskoning van die onstabiele markte gebruik. Ek weet van 'n geval waar 'n PFA 'n persoon geadviseur het om NIE die een derde van sy pensioen aanvanklik te vat nie aangesien sy maandelikse inkomste dan groter sou wees, 'n groei van sowat 14% per jaar maar met 'n 10% jaarlikse inkomste en dan nog 4% kapitaal groei (sowat R160 000-00) wat nie sleg geklink het nie, maar na slegs 4 maande het die persoon agter gekom dat sy kapitaal begin krimp en daar geen kapitaal groei meer was nie en dat sy maandelikse inkomste uit sy beleggings kapitaal betaal word. Die PFA se verskoning was dat dit slegs 'n tydelike insinking in die markte was en gou weer sal herstel, maar die persoon moet kyk na die lang termyn. Ongelukkig mense wanneer jy die dag met pensioen gaan hou die lang termyn belegging op en MOET jou geld vir jou genoeg rente verdien waarvan jy kan leef en dit gebeur nie, dit terwyl die PFA's en fonds bestuurders in weelde lewe. Ek het intussen uitgevind dieselfde maarskappye maak enigiets van 60 - 120% wins op ons geld en dan verwag hulle ons moet tevrede wees met die krummels tot so min as 3% rente per jaar wat meebring as jy 'n belegging van R1 000 000 - 00 het kry jy R30 000 - 00 per jaar waarop jy moet lewe of andersins moet jy van jou kapitaal onttrek om te kan oorleef met ander woorde ons as pensionarisse is slegter af as die mense wat SASSA geld kry, want hulle kry nog jaarliks 'n verhoging terwyl ons as pensioenarisse al minder geld kry elke jaar om van te leef. Nou wil hierdie selfde persoon sy een derde onttrek wat hy nie aan die begin van sy pensioen termyn onttrek het nie dit onttrek aangesien hy self baie beter kan belê (ek het self die bewyse gesien van winste van tot meer as 300% per jaar) maar nou weerhou die finansiële instelling hom doelbewus om vir hom self 'n goeie inkomste te genereer deur botweg te weier om die een derde wat wetlik syne is aan hom uit te betaal, want volgens die finansiële instelling word hulle deur die wet verbied om dit nou uit te betaal. My opinie hieroor is dat dit ongrondwetlik en krimineel is om doelbewus weerhou te word om vir jou self 'n inkomste te genereer wat die sogenaamde erkende instellings nie kan doen nie. Enige kommentaar van julle kant af hieroor sal baie waardeer word want ek dink hulle moet grondwet hof toe gevat word
Thank you for your posting. We have referred the posting to an Escalation specialist at Momentum Wealth to contact you and discuss your concerns.
Regards,
ND
Thank you for your posting. We have referred the posting to an Escalation specialist at Momentum Wealth to contact you and discuss your concerns.
Regards,
ND
