LV
Lizel V

1 reviews | Active since Jun 2010

08 Dec 2016, 20:41

Momentum Health Ingwe besluit om premies met R400 + te verhoog!

So ek het vanmiddag 'n sms ontvang wat sê dat my Ingwe opgaan na R1758 omdat die Momentum Board besluit het dat oortyd ook nou by die Netto bedrag gevoeg gaan word om die premies te betaal, oortyd is presies dit, mens kry dit net indien jy dit moet gaan werk. Dit is nie vasgestel nie, en ek het augustus laas enige oortyd gehad.

My probleem is dit, ek het van skof afgegaan en werk van sept glad nie meer oortyd nie!, nou gaan ek R500 meer betaal! DIt alles het gebeur sonder waarskuwing, ons het tot einde november gehad om binne die medies opsies te verander, aangesien ek eers netnou die sms gekry het is dit te laat om na 'n ander en beter opsie binne Momentum te gaan vir dieselfde bedrag as wat ek nou gaan betaal vir INGWE!! En die enigste opsie is om heeltemal van medies te verander!

Indien hulle die medies so baie opskuif agv oortyd wat ek vroeer die jaar gewerk het, dan moet hulle van nou af elke maand na my inkomste kyk en dit dan volgens daardie maand se inkomste bereken!

Ek wag nou in spanning vir Momentum om hierdie regtestel voor ons salarisse hierdie maand betaal word.

0
Replies (1)
Momentum Health
Momentum Health's reply09 Dec 2016, 08:34
Official

Thank you for your comment.

One of our representative will be in touch with you shortly to discuss this matter and ensure that it is speedily resolved.

Kind Regards

Debbie van der Haar