CB
Cornel B

1 reviews | Active since Feb 2011

14 Dec 2017, 15:53

VALS INLIGTING / KANSELLASIE

DRINGEND ASSEBLIEF!!!

Bestel no MT- ********** 3-2 Waybill no ELITO2- ********** 9 Faktuurdatum 2016 07 22 het betrekking. Die dame van die Mobile Talk Sentrum (Makhosi Gumbi tel no ********** 380 persoonlik) het vals inligting aan my verskaf betreffende 'n tablet wat sy my laat aankoop het. Sy het my verseker dat ek die Wi-Fi fasiliteit op my PC tuis kan gebruik. Dit sou my net R208-00 per maand kos, wat aansienlik goedkoper as my huidige Telkom Router (ADSL) was. Sy het my selfs aangeraai dat ek kon ontslae raak van my Telkom Router (ADSL). Op 2016 07 22 het ek die tablet na die Mobile Talk kantore in Bloemfontein geneem. Hulle het my meegedeel dat die Wi-Fi NIE so kan werk nie en dat ek die "HOTSPOTTER PUNTE" sal moet besoek om data te laai. Op daardie stadium was daar "Hotspotter punte" slegs by MacDonalds en Spur in Bloemfontein. Die dame by Mobile Talk Sentrum se inligting aan my was dus nie KORREK nie. By Mobile Talk in Bloemfontein het my gehelp om hulle hoofkantoor te s***el. Ek het met 'n Sandile gepraat wat my meegedeel het dat ek die tablet kan terugstuur. 'n Kourier sou die tablet afhaal. Ek het op 2016 07 28 weer met Sandile gepraat nadat 'n debietorder aftrekking ten bedrae van R480-76 by my Bank afgegaan het. Hy het my aangeraai om die debietorder by die Bank te kanselleer. Intussen het daar debietorders vir 'n Magzone, Tech Trace, Safe Base, Rescue Box ens deurgegaan. Ek het dit per Online Banking gekanselleer. Ek het gese ek gaan nie vir 'n fasiliteit betaal wat ek nie gebruik nie. Ek het versoek dat die transaksie gekanselleer word en die tablet afgehaal word, aangesien ek dit nie kan gebruik nie en geensins daarin belangstel nie. Ek het nadat die tablet afgehaal is vele kere Mobile Talk se hoofkantoor ges***el en e-posse gestuur. Ek het vele kere met die volgende ges***el: Tel no ********** 600 Telkom (Nudebt) op 2017 08 17 Hulle het my meegdeel dat daar niks op rekord is nie. Tel no 10210 / ********** 883 Telkom Mobile (Sphiwe) - niks op rekord nie. Tel no ********** 538 / ********** 351 Ignition Group (Parnabas) Op 2018 09 29 het ek 'n SMS begin ontvang waarin vermeld word dat ek MBD by tel no 011 ********** moes s***el. Hulle het my meegedeel die bedrag wat ek moet betaal vir 'n lyn is wat ek gebruik het. Ek het hulle megedeel dat ek nie die bedrag gaan betaal nie, aangesien die transaksie gekanselleer is. Hulle het my gereeld begin s***el. Op 2017 10 17 het ek al my dokumentasie per e-pos bevorder na ********** 'n Dame het my later ges***el en gemeld dat ek die uitstaande bedrag moet betaal. Ek het met vele ander, onder andere 'n Eugene en Ishmael gepraat. Op 2017 12 08 het bogenoemde my weer ges***el. Ek het hulle meegedeel dat ek besig is om met die Onbudsman te onderhanel. Hulle het albei die foon in my oor neergesit. Ek voel ek is onder 'n wanindruk gebring rakende die tablet. Ek sien nie hoekom ek die uitstaande bedrag moet betaal vir 'n fasiliteit wat ek nie eers gebruik het nie. INDIEN DIE DAME VAN DIE MOBILE TALK SENTRUM AAN MY DIE KORREKTE INLIGTING VERSKAF HET, SOU EK NIE DIE TRANSAKSIE AANGEGAAN HET NIE. NIEMAND HET OP GEEN STADIUM MY AANDAG DAAROP GEVESTIG DAT EK NIE DIE TRANSAKSIE KAN KANSELLEER NIE. Ek hoop u vind my oorsig in orde.

By voorbaat Dankie. 

0
Replies (0)