1 reviews | Active since Nov 2020
Telkom Mobile se uiters swak diens
Ek het 2 data ****rakte by Telkom mobile. Nadat ek van Bank verander het het ek per E Pos bankbesonderhede verander. Dit is nie gedoen nie en nou word ek R200 "rejection fee" gevra op my Telkom staat. Ek het wel die Sept premie per EFT gedoen. So ek was geensins agterstallig nie. Die Oktober premie is wel deur die nuwe bank.
'n Paar Jaar terug het ek aanlyn aansoek gedoen vir n Sel ****rak. R150 is vanaf my bank gevorder. Na vele navrae met geen sukses het ek geen foon ontvang nie. Ek het by Telkom Wonderboom gaan kla en het toe daar' n ****rak uitgeneem. My R 150 het ek nooit terug ontvang nie. Ek het ook 'n maand tot maand "uncapped" wi fi laat aktiveer. Menige dae en weke was ons van lyn af. Ek het kennis gegee. Ek is nooit vergoed vir die tye waarvoor ek betaal het, maar geen Internet gehad het nie. Na vele navrae oor beide gevalle het ek moed opgegee. Die skoot rekenaar en ander wi fi ****rak wat ek steeds het gaan ek kanselleer. Nooit sal ek Telkom aan enige iemand aanbeveel nie. Onprofessionele en geen diens is my ondervinding.
G Pallis
