DF
David F

1 reviews | Active since May 2022

24 May 2022, 18:51

HEIN HET MEESTERSGRAAD IN DIENSLEWERING

Kyk, ons almal het al gehoor hoe praat Bobby oor puik dienslewering op die draadloos en dat dit sy belofte is om dit te volhou. Wel ek plaas hierdie as die grootste bevestiging dat hy en sy span wel konings is wat hulle beloftes nakom. Dit is ook die skoonste verkoops vloer en ELKE liewe kar blink en lyk asof dit reguit vanuit die fabriek by hulle afgelewer is om te verkoop !

Te danke aan spanlede soos Hein het ek en my vrou die beste ervaring van voertuig koop nóg in ons lewe ervaar.

Hein, jou passie vir hierdie besigheid en kliente dienslewering het uit jou gestraal toe jy opgewonde en vol selfvertoue onmiddelik ons verwelkom het. Al die vrae is deeglik beantwoord en ons is heeltyd op hoogte gehou oor die transaksie. Jy het dieselfde dag as wat ek aansoek gedoen het ons Everest afgelewer.

Ons is bitter gelukkig met jou diens en elke mens by Mit Mak wat die besigheid so plesier maak om mee te deel.

Baie Dankie Weereens.

0
Replies (1)
Mit Mak Motors
Mit Mak Motors's reply24 May 2022, 18:52
Official
Good day, thank you for the Great review and Great rating. We really appreciate it. May you have many safe travels with your new car. Regards