AJ
André Joubert

1 reviews | Active since Dec 2022

03 Dec 2022, 20:17

Goeie, eerlike en betroubare diens

Nadat ek 'n voertuig wat ek vir my vrou wou koop, op hulle webwerf gesien het, het ek Saterdag middag besluit om vanaf die Noord-Kaap na Pretoria te vlieg. Toe hulle maandag oggend hulle deure oopmaak het hulle die voertuig vir my gereed gehad om te deurkyk. Die voertuig was skoon, netjies en in 'n baie goeie kondisie. Al die voertuie op hulle vloer is baie netjies. Gerhard en Dante was baie professioneel en het al my vrae eerlik beantwoord. Ek moes teen Woensdag weer terug wees in die Noord-Kaap vir werksverpligtinge. Gerhard en Dante het spoedig al die papierwerk vir my gereed gekry en die voertuig ingestuur om deeglik skoongemaak te word asook vir die Dekra ver**** en padwaardigheid. Hulle het my kom oplaai en weer afgelaai om al die papierwerk te teken en te voltooi. Hulle het regtig baie moeite gedoen om alles so spoedig moontlik vir my af te handel. Binne 48uur kon ons die koopooreenkoms afhandel en alle reëlings tref om Woensdagoggend met ons nuwe motor terug te kon kom huis toe. Terwyl ek terug bestuur het, het hulle gereeld opgevolg of alles reg is en of ek nog veilig is. Met my aankoms by die huis, het hulle my ge****ak om te bevestig dat ons registrasie dokumente binne die volgende paar dae gekoerier sal word. Ons sal beslis enige iemand aanbeveel om 'n voertuig by hulle te koop. Baie dankie Gerhard, Dante en al die personeel by Mit Mak Motors vir julle vriendelike en professionele diens. Groete André Joubert

0
Replies (0)