1 reviews | Active since Feb 2022
Goeie Diens Mik Mak Motors
Wil net vir Keanu dankie sê vir sy goeie diens en nie my deal net los soos eerste aanbod deurgegee is nie hy het self besluit hy sal vir my n beter prys baklei en net daar het ek respek vir die man gekry ek kan ook sê ek was by n bekende t****ehanse motor verkoops handlaar in Silverlakes Pretoria en in Silverton waar daar nie eens na my sleutel gevra is om tekyk na my voertuig wat ek wil inruil nie en dan word daar gesê ons het na u voertuig gekyk en toe ek nou n vraag vra toe word prys uit die duim gesuig en daar is n groot verskil as jy by Mik Mak motors instap dan is dit of alles net inplek val voertuig word deurgegaan en jy kan deur al die voertuie gaan wat jy belangstel en dan word jy ook na die ander twee Mik Mak motor se vloere gevat dat jy n groter keuse het om van tekies en dan is daar klaar is en jy ry huistoe, word jy teruggebel en in****ak gehou hoe die deal verloop en as die verkoopsman dalk nie daar is nie vat die bestuuder oor en dan weet hy presies wie jy is en wat aangaan met die transaksie en dit is n bewys dat die mense soos n span werk by MIT Mak Motors en wat die kersie op die koek was ek kon dit nie betyds maak voor 18h00 nie en die hele span het vir my gewag en my voertuig is 19h15 aan my oorhandig en dit was baie meer spesiaal dat almal jou op die hande dra.
Nogmals dankie Keanu en MIT Mak Team julle is n klomp ysters.
Al wat ek kan sê vir ander motor handlaars-Daar is nie n t****e kaans vir n eerste indruk nie.
Hou so aan Keanu en Span.
Groete
