AP
Annelie P

1 reviews | Active since Jan 2021

15 Jan 2021, 20:48

Dankie Justice!

Baie beïndruk met die jong verkoopsman, Justice, wat alles in sy vermoë gedoen het om ons so vinnig as moontlik te help. Hy is baie ordentlik en hoflik. Hy het ons die hele tyd op hoogte van sake gehou en ons het heeltyd geweet wat aangaan. Helaas was die motor se afstandbeheer buite werking en Mit Mak het gesê hulle sal dit herstel. Weereens het Justice alles gedoen om die herstel proses so glad as moontlik te laat verloop, maar die administratiewe sy het bietjie skipbreuk gelei. Mit Mak het nie betyds hulle deel van die rekening betaal nie en ons kon die motor eers 'n dag later kry. Weereens was Justice dou voor dag voor ons deur met die motor. Voorwaar ' n verkoopsman om op trots te wees. Dankie Justice!

0
Replies (1)
Mit Mak Motors
Mit Mak Motors's reply15 Jan 2021, 20:53
Official
Hi Annelie, baie dankie vir die fantastiese resensie en gradering.  Justice en die hele Mit Mak Motors Span waardeer dit opreg.  Geniet die aand.