1 reviews | Active since Oct 2018
Oakley Bril
My man, Riaan Geel het verlede jaar, 6 November 2017, ‘n Oakley bril, tri-vocal, by julle tak in Herm**** laat maak. Volgens ons kennis het die Oakley bril ‘n 2 jaar waarborg. Die rubber op die oortjies is besig om af te kom (Sien asb foto’s aangeheg) Ek het vanoggend met julle tak in Herm**** gepraat en was in kennis gestel dat ons die bril vir julle moet inbring. Toe ek vir die dame se dat ons is nou woonagtig in Vredendal, 400km van Herm**** af, het sy gese dat ons die bril met ‘n courier moet stuur. Dit sal dan nagegaan word en besluit sal geneem word. My man gebruik sy bril elke dag en kan nie sonder die bril regkom nie. Die diens wat ek vanoggend ontvang het was skokkend en onaanvaarbaar. Om vir ‘n klient wat amper R13 000 by julle gespandeer het, en die soort diens kry, sal ons nie Mellins aanbeveel nie.
Ek het ook al twee e-posse aan hulle gestuur vandag, en nog geen terugvoering gehad nie.
Hoop om spoedig van julle te hoor.
