SS
Sylvester S

1 reviews | Active since Feb 2022

11 Feb 2022, 19:56

Mega*** & Sabotage

Mense, dink twee keer voor julle besluit om Megasurf in Vanderbijlpark te gebruik, ek is nou al 'n jaar kliënt van hulle en die diens raak net al hoe swakker. Twee van hulle technicians het aspris my fiber lyn gesabotage omrede hulle nie die regte stappe gevolg het nie en ek vir hulle gevra het daaroor, wat eventually veroorsaak het dat ons met mekaar stry, dadelik met albei van hulle slegte houding het hulle in hulle bakkie geklim en weg gespin asof dit Tarlton raceway is, 'n paar minute later is my fiber lyn gebreek.

Ek het oor die R250 se airtime al uit gebel oor die laaste vier dae om hierdie probleem op te los, elke keer is dit 'n ander storie, ek vra om met bestuurders te praat dan word ek aan die lyn gehou vir 10 tot 15 mins.

Vandag het ek gatvol geraak vir die swak diens waarvoor ek elke maand moet betaal. Nadat ek met hulle kantoor baklei het Eventually kom dieselfde tegnikus uit om die lyn weer reg te maak, toe ek hom vra wat het hulle gedoen toe se hy "ons het aspris die lyn gesabotage omrede ek vir hulle vas gevat het" en hy het dieselfde vir sy bestuurder gesê en hy was okay daarmee, toe ek sy bestuurder probeer bel word die oproep heeltyd in my oor neergesit.

Hoe betaal mens vir so diens? Hoe sabotage megasurf se technicians hulle eie maatskapy waarvoor hulle werk se lyne, en wie gee hulle die reg om my lyn waarvoor ek elke maand betaal te sabotage?

Ek het al hoeveel keer gevra om direk met die eienaar te gesels en hulle se hulle bel my terug maar doen nooit nie. Ek is die moer in en soek antwoorde van megasurf. Swak diens, swak bestuur en uiters *** in algemeen! Ongelukkig kan ek nie - 5 sterre gee nie want daar is nie so iets op helloPeter nie

0
Replies (0)