1 reviews | Active since May 2016
Waarna toe nou?
Ek raai altyd almal aan om medihelp toe te gaan vir medies. Nog altyd fantastiese diens gekry, maar... Nou het ek 28 April al gebel vir authorisation. Ek moet 9 Mei gaan vir ñ hesterektomie gaan. En ek bel en email elke dag al so ver. Ek weet ek is in my eerste jaar van lidmaatskap. En ek weet my saak moet ondersoek word. Elke een van die konsultante sê elke keer hulle ondersoek dit nog... Hoe lank nog dan? Nou word daar vir my gesê ek kan opgeneem word maar die rekening gaan my verantwoordelikheid wees. Elke maand betaal ek my ledegeld op tyd. Nou dat ek my fonds nodig het en konstant in pyn is wil hulle my nie help nie. Ek het al meer as R500 agter julle uit gebel met die saak.
Beste Riska123
Baie dankie vir die tyd wat u afgestaan het om die probleem onder ons aandag te bring.
Ek wil u graag verseker dat Medihelp begrip het vir u situasie en omstandighede. Soos telefonies aan u verduidelik, is die magtiging van u voorgenome hospitalisasie vertraag, vanweë die nie-openbaarmaking van inligtingsondersoek waarmee Medihelp tans besig is.
As deel van Medihelp se risiko bestuursprosesse word alle aansoeke om voordele vir hospitalisasie, mediese prosedures en chroniese medisyne wat binne die eerste 12 maande van lidmaatskap ontvang word, ondersoek, om te bepaal of die onderliggende toestand(e) volledig op die aansoekvorm verklaar is, alvorens magtiging verleen word. In sommige gevalle is dit nodig om addisionele mediese verslae aan te vra om meer duidelikheid oor die mediese toestand(e) te kry.
U navraag is verwys vir ondersoek en ‘n konsultant sal binnekort met u in verbinding tree.
Vriendelike groete
Medihelp Kliëntesorg
Best regards,

Ek verwys u navraag oor die proses wat gevolg moet word voor die beplande prosedure Maandag, 9 Mei 2016, na 'n konsultant om u te ****ak.
Vriendelikeg groete
Medihelp Kliëntediens