1 reviews | Active since Apr 2013
Voordele: hospitaal of spreekkamer
Ek moes, agv Crohn's se siekte sedert 2013, weer vir 'n kolonoskopie en gastroskopie gaan by 'n netwerkspesialis. Ek het die keuse gehad om teater toe te gaan of dit onder narkose by die dokter se spreekkamer te laat doen. Ek het die fonds ges***el maar hulle het gese dat ek nie 'n magtigingsnommer benodig nie. die dokter se spreekkamer het dit ook bevestig. Tydens die prosedures het dokter 3 mosters geneem en na Ampath gestuur vir ontleding. Medihelp se omdat ek op Prime 1(hospitaaplan) is, is patalogie dienste nie ingesluit nie. Een van die Ampath toetse (R619) is wel deur die fonds betaal maar die ander 2 ( R1789.70) nie. Hoe het ek dan sekere patologie voordele op Prime 1 en op ander nie? Sou ek die keuse gemaak het om in die hospitaal opgeneem te word, sou die fonds die volle rekening van R30842.26 (patalogiedienste ingesluit)betaal het teenoor die spreekkamer se bedrag van R10207.26, 'n Besparing van R20635.00 vir die fonds. Ek voel dat daar teen my as pasient gediskrimineer is omdat ek die spreekkamer opsie gekies het. As ek geweet het dit gaan die situasie wees het ek beslis vir opname in die hospitaal gegaan. Pasiente/lede moet baie seker maak wat en wanneer word voordele betaal anders gaan dit vir jou as pasient se rekening wees.
Dankie dat u hierdie klagte onder ons aandag gebring het.
U navraag word tans geondersoek en 'n konsultant sal terugvoer aan u verskaf.
Vriendelike groete
Medihelp Klientesorg
Dankie dat u hierdie klagte onder ons aandag gebring het.
U navraag word tans geondersoek en 'n konsultant sal terugvoer aan u verskaf.
Vriendelike groete
Medihelp Klientesorg
