1 reviews | Active since Jul 2011
Vooraf magtiging probleem vir Venofer Infusie
Ek het verlede week magtiging bekom vir my Venofer infusie, en dit is toegestaan deur Marjorie Rudolph. Die prosedure kode, ICD10 kode en al die benodigde informasie is op die magtigings dokument aangedui. Sy het wel aan my bevestig, as ek Venofer of Cosmofer iv kry, hoef ek NIE magtiging te he nie. Maandag (26/10) toe ek by die hospitaal kom, het hulle die magtiging aanvaar en my infusie is gedoen. Op dr se voorskrif is aangedui dat ek gister (Woensdag, 28/10) ook 'n t****e infusie moet kry. Ek het hospitaal toe gegaan en die ontvangsdame het vir my magtiging probeer reel. Medihelp het ewe skielik 'n probleem daarmee, en soek motiverings briewe van my betrokke internis om die magtiging toe te staan. Ek het al die dokumentasie,medihelp met epos gestuur. Ek het 'n dokument ontvang wat aandui dat die magtiging \pending"is. Ek het netnou ges***el om uit te vind wat die stand van sake is. Ek het met Zelda by voorafmagtiging gepraat"
Met die ontvangs van die versoek om hospitaal magtiging vir 'n herhalende toediening van Venofer, het die Skema aan u gekommunikeer dat 'n volledige motivering van die behandelende dokter, die laaste patologie ver**** en voorskrif vereis word vir oorweging van voordele. Die vooskrif en 'n patologie ver**** is ontvang, maar inligting ontbreek en geen motivering is ontvang met die behandelingsgeskiedenis nie. Die spesifieke inligting wat uitstaande is, is reeds aan u gekommunikeer. Die behandelende dokter is ook ges***el, maar kon nie die inligting verskaf nie.
Medihelp kan slegs voordele oorweeg vir die hospitaal opname indien die uitstaande inligting ontvang word.
Vriendelike groete
Medihelp Kli?ntediens