PB
Peggy B

1 reviews | Active since Oct 2018

04 Mar 2020, 07:44

Medihelp Kanselleer my Lidmaatskap na 8 jaar vir R550.00 agterstallig

Ek is n lid van medihelp vir die afgelope 8 jaar. Lid nommer *** Ek het in September 2019 gegaan vir n rug operasie waarvan ek n enorme bedrag aan dokters moet betaal wat nie deur die mediese fonds betaal is nie. Dit het my onder geweldige finansiele stress geplaas. My mediese fonds is in November gekanselleer vir n bedrag van om en by R550.00 wat agterstallig was. Ek probeer die situasie uitsorteer maar medihelp se ek moet oor aansoek doen en dan gaan daar geweldige penalties wees, Is dit regverdig op my ouderdom dat ek so behandel word, ek was nog altyd n lojale lid.

0
Replies (1)
Medihelp
Medihelp's reply04 Mar 2020, 11:15
Official

Beste Peggy B

Dankie dat u hierdie klagte onder ons aandag gebring het.

U navraag word tans geondersoek en 'n konsultant sal terugvoer aan u verskaf.

Vriendelike groete

Medihelp Klientesorg