1 reviews | Active since May 2015
Ek het nog altyd redelike goeie en regverdige diens by Medihelp gekry. Tot nou. My ma is ook 'n lid van Medihelp (al vir jare). Sy is gediagnoseer met kolon kanker en dit het intussen versprei na haar ******, Uretra, Blaas en ander organe in haar pelvis. Die tumor infiltreer die organe wat gepaard gaan met geweldige pyn. Orale pyn medikasie help nie meer nie en sy het geen lewenskwaliteit nie.'n Dokter het verlede week 'n tydelike Pynblok gespuit wat baie goed vir haar gewerk het(hy wou kyk of hy die pyn so kan isoleer dat sy nie blaas ****role verloor nie). Sy kon weer elkedagse take verrig. Sy het reeds 'n kolostomie gehad, so om nóg blaas funksie ook te verloor sou haar menswaardigheid vreeslik aangetas het. Die probleem is sy het nou 'n permanente Pynblok nodig aangesien die tydelike een gaan uitwerk en sy dan weer die ontsettende pyn gaan hê.
Medihelp weier om die Pynblok te magtig!!! Hulle rede hiervoor is dat sy reeds pynmedikasie gebruik. Hoe belaglik is dit nie!!! Nou betaal hulle eerder nou en dan derduisende rande vir 'n hospitaal opname sodat sy Morfien kan kry. Waar die Pynblok een keer gedoen word en vir altyd hou. En ander pynmedikasie dan nie sal nodig wees nie.
Iemand se wiskunde werk nie lekker daar nie.
Medihelp toon geen menslikheid nie en verkies dat hulle kliente eerder -letterlik- dood gaan van elende.
Best regards,
Best regards,
© Copyright 2026 hellopeter.com and its affiliates. All rights reserved.