1 reviews | Active since Oct 2020
Dankie vir omgee !!!
Dankie, Lorraine – jy is 'n ster! Ek wil graag my opregte dank en waardering teenoor Lorraine uitspreek. Met groot geduld, begrip en omgee het sy my gehelp om 'n situasie wat vir my werklik 'n nagmerrie geword het met betrekking tot my premiebetalings, uiteindelik uit te sorteer. Haar vriendelike en professionele optrede het vir my 'n groot verskil gemaak. Lorraine is voorwaar 'n aanwins. Ons as lede is dankbaar vir iemand soos sy. Verseker is sy n aanwins vir die maatskappy. Baie dankie, Lorraine!
Beste Ina W
Dankie dat u die tyd geneem het om hierdie kompliment te plaas as ‘n blyk van u waardering teenoor die diens wat u vanaf Elim Human ontvang het. Dit is altyd ‘n plesier om sulke positiewe terugvoer te ontvang.
Ons volgehoue strewe om finansiële ondersteuning en gemoedsrus te bied wanneer dit die meeste saak maak, vorm die grondslag van Medihelp se sukses.
Wees asseblief verseker van Medihelp se volgehoue ondersteuning in die toekoms.
Vriendelike groete
Medihelp Kliëntesorg