MM
Marlene M

1 reviews | Active since Sept 2019

25 Nov 2019, 06:34

Mbizi complaint

Refer to email sent to Mbizi management:

Hi Herman Ek het vandag met uitcheck Mbizi bestuur se epos adres aangevra aangesien my epos spesifiek jou moet bereik met die hoop dat dit met baie erns opgeneem word. Ons was hierdie naweek by Mbizi, wat vir my verjaarsdag bespreek was met opwinding saam met my familie – in chalet# 1 en op kampplek# 55. Minwetende die massiewe teleurstelling wat die naweek sou wees! Ek lig die volgende punte uit sodat jy kan verstaan: Bespreking Ek het spesifiek n kampplek aangevra wat oorkant chalet# 1 is sodat ons as familie naby mekaar kan wees en maklik oor en weer kuier. Met arrivering was daar vir my ouers gese dat daar gras geplant was die vorige dag en dat hulle dus op staanplek# 1 moet gaan staan. Minwetende dat dit aan die teenoorgestelde kant vd kampterein is het hulle daar gaan opslaan, my pa is toe ontvangs toe om seker te maak dat hulle bewus is daarvan dat ons bespreek het vir 4 volwassenes op die staanplek aangesien dit n heelwat kleiner staanplek was. Daar was toe vir personeel weer gese dat ons naby mekaar wou wees en dus so bespreek het en daarna het die personeel lid gese hulle kan op staanplek# 21 gaan staan om nader aan ons te wees – nadat hulle reeds opgeslaan het en nogsteeds ver van die chalet af was. Personeel Vanaf my aanvanklike ****ak met Mbizi ontvangs via n telefoon oproep & eposse was die personeel verskriklik onvriendelik, onbehulpsaam en kort-af, dit was my en my familie se algehele ervaring met die personeel vanaf incheck tot uitcheck. Elektrisiteit Met arrivering en incheck was daar nie vir ons gese dat daar n elektrisiteit probleem is nie, eers toe ons by die chalet arriveer het ons besef daar is geen krag. Ek het toe ontvangs gebel om uit te vind wat die stand van sake is en daar was vir my gese dat julle n probleem ervaar met n kragdraad in die omgewing en dat dit dieselfde dag opgelos sou word. Min te se dat dit die hele naweek die probleem sou wees, die gevolg dat ons kos afgegaan het in die yskas, ons nie ons babas se bottels kon warm maak of steriliseer nie en ons, ons babas in pik donkerte moes bad en ook waaiers wat nie gewerk het nie, wat die resultaat van baie ongelukkige babas veroorsaak het die heel naweek. Diere Ons was geskok om te sien hoe die diere se hokke lyk en die reuk wat daardeur trek, spesifiek die hoenders wiese vere uitgetrek word deur mekaar met die obvious gevolgtrekking van die walglike omstandighede waarin hulle bly. Ek wil tot jou aandag bring dat ons dit by die SPCA gaan aanmeld. Al die bogenoemde redes sal maak dat ons nooit weer terug sal keer Mbizi toe nie en ook nie die oord sal aanbeveel vir enige iemand nie. Dis n jammer want ek glo met effektiewe bestuur en met die fasiliteite wat daar is, het Mbizi soveel potensiaal. Ek sien uit om jou spoedige terugvoer te ontvang. Groete, Marlene

0
Replies (0)