1 reviews | Active since Feb 2011
Presies hoe lank moet ek nog wag?
Ek het n Pantum printer verlede jaar September by julle Kolonnade tak gekoop. Eerstens het die photocopying funksie opgepak en toe die printing funksie. Ek neem die unit toe terug na die Kolonnade tak toe en word vertel dat dit nie uitgeruil kan word vir n nuwe unit nie maar moet weg gestuur word vir repairs en dit kan 7 tot 21 dae neem. Dis nou 21 dae en die printer is nog nie gereed nie. Ek het die printer nodig om daaglikse ver**** te druk en ek moes oor rol in die nuwe maand SONDER n printer. My promotional materiaal MOET gedruk word en klaar wees teen Sondag 8 Mei. Nou wat nou? Hoe doen ek besigheid met n printer wat net nie opdaag nie? Wickus het my vandag laat weet nadat ek vandag WEER moes navraag doen dat die ding nog by julle hoofkantoor lê. Met die vorige navraag was ek belowe dat ge-update sou word maar net mooi NIKS het gebeur nie. Ek is OP met lëe beloftes en toerusting wat nie werk nie. Ek sal nooit weer n Pantum koop nie en ook nie Matrix Warehouse aan beveel aan enige iemand nie. Al persoon wat my ooit goeie diens gegee het was Waldo. So eks klaar met Pantum en Matrix Warehouse. My besigheid lei skade agv julle "company policies".
Goeie more Bruce
U Pantum drukker is gereed vir kolleksie by die kollonade tak. ons vertrou ons sal u sommer gou sien. Ons wil graag dan ook die geleentheid gebruik om u omverskoning te vra vir enige ongerief deur ons veroorsaak.
Groete
Die Matrix Span.
Goeie more Bruce
U Pantum drukker is gereed vir kolleksie by die kollonade tak. ons vertrou ons sal u sommer gou sien. Ons wil graag dan ook die geleentheid gebruik om u omverskoning te vra vir enige ongerief deur ons veroorsaak.
Groete
Die Matrix Span.
