Nelspruit Mahindra Werkswinkel
<p>Wow, NELSPRUIT MAHINDRA!! Dankie vir hulp en bystand wat glad nie bestaan nie by die werkswinkel in NELSPRUIT!! Lewensbedreigende noodsituasie met brieke wat ingegee het na 39 000km en julle kan ons nie help nie?!?! <br />Na 3 ure van mooi vra en verduidelik dat ons net 2 dae het vir die Wildtuin (1 dag nou spandeer in werkswinkels!), en later baklei, kon hul 'n bakkie van die lift afhaal?!! Kon julle dit nie 3 ure vroeër doen nie?? Na nog 'n uur, sonder dat die voertuig al op 'n lift was, verwys iemand ons na TYRE & MORE. Pragtige en behulpsame mense! Uitstekende en wonderlike diens! <br />DUISEND DANKIES, TYRE & MORE!!! <br />Swak diens, NELSPRUIT MAHINDRA ... My heel laaste Mahindra in my lewe! Voorheen met 'n soortgelyke probleem onmiddellik gehelp by 'n opposisie met puik diens. Jul kan gerus gaan leer by jul opposisie!</p>
