1 reviews | Active since Jan 2019
Swak Internet Diens Verskaffing
Het Luvhilo Connect, Sandbaai, Herm**** gebruik as my Internet voorsiener. Vanaf dag 1 was daar probleme. Dan gaan dit goed vir 'n ruk en dan begin die pyne weer. Ek was op 'n 4mbps uncapped wifi paket maar hulle kon dit nie konstant voorsien nie. By tye het ek slegs 0,7mbps gekry. Hulle het my op 'n 6mbps paket gesit maar hulle kon dit ook nie konstant handhaaf nie. Bespreek jy dit met hulle het hulle by twee geleenthede terug gekom en net gese as ek nie tevrede is met hulle diens nie ek vry is om 'n ander diensvers****** te gebruik. By my gaan dit nie oor 'n ander diens vers****** kry nie, dit gaan oor die feit dat mense ingedoen word deur Luvhilo en hulle kom daarmee weg. Jy betaal vir 'n diens maar jy kry dit nie. Moenie jou uitgee vir iets wat jy nie kan voorsien nie. Toe ek hulle vandag vra vir 'n refund en of hulle diens so pateties gaan bly in die toekoms, was die antwoord soos volg: [15:24, 7/27/2020] AA WIFI LUVHILO: Ons diens bly soos dit is. [15:25, 7/27/2020] AA WIFI LUVHILO: Gaan niks refunds doen nie. Jy is meer as welkom om soos ek voorheen gese het om n ander vers****** te gebruik as ons. As ek 'n sak mielies van 50kg bestel. vir R300 en die voorsiener kan net 25kg voorsien dan betaal ek slegs R150 vir 25kg maar by Luvhilo betaal jy vol al is daar niks in die sak nie. Ek wil graag met die berig net mense waarsku bly weg van Luvhilo, hulle maak gebruik van "HERO TEL" as hulle diens vers****** en dit wil vir my voorkom sodra Hero Tel sien die verkeer raak te baie vir hul torings word die Luvhilo kliente se kele toegeknyp. Intussen collect Luvhilo net geld elke maand en of jy nou geen ontvangs of volle ontvangs het, waarvoor jy betaal, kan dit hulle nie pla nie. Die geld is in hulle bank so, jammer ons lag vir julle kliente wat net betaal en intussen moet julle vat wat julle kry of kry julle ry, soek iemand anders. SWAK !!! Ek kan net nie sien dat sulke mense in besigheid kan wees nie.
