1 reviews | Active since Feb 2017
UITSTEKENDE DIENS
Die diens wat ek by Loot.co.za ontvang, is sonder enige twyfel die beste diens van almal met wie ek besigheid doen. Hulle personeel is professioneel, altyd vriendelik en bereid om moeite vir hulle kliente te doen. Daar word seker gemaak dat die produkte wat ek van hulle bestel, netjies verpak word en aflewering geskied altyd voor die sperdatum. Dit is verblydend om te sien en te ervaar dat daar wel nog besighede is wat professionele en bekwame personeel het, wat uitstekende diens lewer! Loot.co.za se pryse is altyd medeningend en in enkele gevalle waar hulle 'n paar rand duurder is, sal ek eerder met hulle besigheid doen. Baie dankie aan die Loot.co.za-span. Dit is 'n plesier en vreugde om besigheid met professionele mense te doen. BAIE BAIE DANKIE.
