1 reviews | Active since Oct 2018
LTN SWAK DIENS
LIGHT TECHNOLOGY NETWORKS (LTN) UITERS SWAK DIENS
Ons het in April 2018 besluit om van Multichoice en Selfoondata oor te s***el na internet. Dit sou vir ons ongeveer R1000 per maand spaar aan data. Iemand beveel toe LTN aan en hulle kom installeer gou die toring en router en alles werk mooi. Soos die maande aanstap betaal ons getrou R699 pm aan hul duurste pakket vir 10Mbps (op húl streng aanbeveling). Maar hul sein verswak mettertyd tot so 'n mate dat ons nou al vir drie dae sonder enige sein sit. Ontvang slegs sowat 4Mbps (ipv 10Mbps) gemiddeld oor ses maande. En ons hou maar aan betaal met die goeie vertroue dat hul gou ons probleem sal regstel, en vir ons die produk gee wat hul aanbeveel het en waarvoor ons getrou betaal. Wanneer my man die probleme aanmeld word hy met allerhande verskonings en redes en vae beloftes gepaai. Noudat my man druk op hul begin plaas en hul aanhoudend pla, is hul grootbaas se arrogante houding dat daar bome in die pad is en ons nooit eers die lyn moes gekry het nie (ná húlle dit aanbeveel het en aanvanklik het). Nou is die vraag "waar kom die skielike bome vandaan? Swak verskoning om ons weereens om die bos te lei en ons geld te steel. Net twee weke gelede nog op DSTV Now (LTN se internet) gekyk hoe die Springbokke die All Blacks wen. Nou is die internetsein skielik af en is daar bome in die pad van die sein... belaglike verskoning vir swak diens. Waar kom dié vreeslike bome nou skielik vandaan? Power verskoning vir swak kliëntediens! Wanneer ons in die verlede en ook tans gekla het, was ons gedurig gepaai met 'n tegnikus gooi nog vanmiddag 'n draai om die probleem uit te sorteer. Ons sien so 'n tegnikus óf nooit, óf oor 'n paar dae eers, na baie gekerm en kla. Nooit kry ons terugvoer oor ons klagtes nie. Ek studeer deur die internet en benodig betroubare internetvermoë. Nou sit ons vir dae al sonder die internet waarvoor ons ten duurste betaal. Verder het ons ook geen TV konneksie nie weens die swak internetsteun wat ons kry. As ons nie aan die einde van die maand die duur fooi betaal nie, word ons sein summier afgesny. Nou wonder ons of ons krediet kry wanneer ons diensvers****** nie die produk lewer wat hý aanbeveel het en ons daarvoor maande lank vooruit betaal het, maar hý nie gelewer het nie. Gaan hy ons terug betaal vir die aanbevole en vooruibetaalde Mbps wat hy nie gelewer het nie? Betaal vir 10, kry 4. Krediet vir die uitstaande 6?? 'n Direkteur, tegnikus en handlanger slaan op 'n Saterdag by ons uit. Heeldag gevat om toring te verstel, boomtakke op die sypaadjie af te saag en na 'n laptop te staar. Verklaar alles is reg, maar hoofkantoor moet aans***el. Hulle ****ak nie hoofkantoor nie, want hulle werk in vrye tyd en doen ons 'n guns en mag nie by ons werk nie, en ... Dus word ons nie aanges***el nie en bly in die internet donkerte terwyl ons alweer 'n maand se fooi betaal het met die vertroue dat ons gou weer op die lug sal wees. Betaal steeds vir 'n diens wat jy nie kry nie... Ons wil dit graag onder die publiek se aandag bring dat Light Technology Networks (LTN) geensins aan te beveel is nie weens hul uiters swak dienslewering, arrogansie en flou verskonings wanneer ons navrae doen en probleme rapporteer. Wat voornemende kliënte ook bedag op moet wees is dat LTN se tegnici met vrot karre by jou aanmeld en dik, swart olie op jou duur geplaveide oprit mors. Tipiese uitbyting van ons ou mense deur LTN. Ons is mos idiote en stupid en val vir al die slim stories van die ryk jong besigheidsmanne... net agter ons geld aan. Dienslewering nie belangrik nie. Direkteure meer belangrik as die stupid ou idiotiese kliënte. Laat die oumense net betaal, en voer hulle met bluf info... (soos skielik bome voor die skottel, bome wat binne ses maande hemelhoog groei). Jy moet net hul stories glo of hul dreig jou met arrogansie. Ons is nou al só moedeloos gesukkel met hulle dat ons 'n ander betroubare vers****** soek. Moeg gesukkel.
