EB
Ermien B
1 reviews | Active since Feb 2019
05 Feb 2019, 10:28
Great Hospital
Ek het Vrydag 1 Februarie 2019 'n noodgeval gehad en moes na die Flora Life Hospitaal. Wat 'n ondervinding!! Al hul personeel, vanaf die portiere tot die spesialist was almal so vriendelik, behulpsaam en professioneel. Almal het geweet wat van hul verwag word, en hul pligte stiptelik en korrek uitgevoer. Almal het hul uiterste bes gedoen om my op my gemak te laat voel. Ek moes opgeneem word en teater toe gaan. Alles het vlot verloop en ek was nooit een oomblik op my senuwees nie. Ek wil net vir almal wat my gehelp het en betrokke was by my bedank vir hulle goeie en vriendelike diens en optrede!!
Wel gedaan Flora! Ek is trots op julle!
Hou aan met julle goeie werk.
Groete Ermien Blignaut
Helpful (0)
Replies (0)0
Replies (0)