1 reviews | Active since Feb 2011
Ek het opgesign 2 maande terug, en wil graag sê dat ek BAIE tevrede is. Ek het die kleinste opsie, R499 pm. Dit is 3 meg download, 1 Meg Upload. Ek kry die meeste van die tyd 3.1 download. Ek kan nie onthou dat ek ooit minder as 2.8 gekry het nie. Self in die middel van 'n haelstorm was die konneksie 3 meg met geen onderbreking. Youtube videos speel seepglad, vyf sekonde buffering aan die begin en dan foutloos HD al die pad, selfs in spitstyd. Ja, as jy torrents download gaan jy ge-throttle word in spitstyd, dis deel van die T&C's, so laat jou rekenaar deur die nag aan, my torrent download nou (5:30) teen 350k. 'n File van 1.7 gig vat dus 1.5 uur. Installasie was promt gedoen deur twee vriendelike jong Afrikaanssprekende manne (Hou in gedagte: Ek bly in Mountain View en is dus baie naby aan die toring.) Well done so far Level7!
© Copyright 2026 hellopeter.com and its affiliates. All rights reserved.