1 reviews | Active since Jul 2023
Dis met n dankbare hart wat ek vandag lof bring aan Lenmed Kathu. Ek het in vroeë kraam gegaan op 18Julie 2023 en moes van Blackrock na Vryburg ry omdat my dokter daar is, maar het oppad daarheen ontdek ek, ek gaan dit nie maak nie. My skoonsis beveel toe
Dis met n dankbare hart wat ek vandag lof bring aan Lenmed Kathu. Ek het in vroeë kraam gegaan op 18Julie 2023 en moes van Blackrock na Vryburg ry omdat my dokter daar is, maar het oppad daarheen ontdek ek, ek gaan dit nie maak nie. My skoonsis beveel toe aan dat ons Lenmed Kathu toe kom, maar ek was baie "SKEPTIES". Tot my verbasing was ons so so GOED behandel. Die dames by ontvangs Helloise en Phadilla julle het regtig die ekstra myl geloop (dankie dat julle vir my man n charger geleen het vir sy foon toe hy die betaling moes doen). Ons het NIE gevoel hospitaal = geld nie... Sr Jacobs en Sr Masentle en span wow, wow, wow. Dankie dat julle so mooi na my gekyk het, julle het glad nie geskroom om te help nie, ek het geweet ek is in goeie hande die moment toe julle my in julle kraamsaal verwelkom. Aan Dr Mjoli, dankie dat dokter uitgekom het en ons so mooi behandel het. Mag God julle sëen en mag die hospitaal van krag tot krag groei. Ek vir een is so bly Kathu het vir Lenmed.
Thank you for your positive feedback regarding your visit to one of our hospitals; please look out for an email from our team.
Thank you for your positive feedback regarding your visit to one of our hospitals; please look out for an email from our team.
