1 reviews | Active since Jun 2019
Ontevrede klient
KLIPDRAAI MEYERTON Ek is baie ontevrede met die ontvangs op die oord met my aankoms vandag. 1. Ek is uitgenooi deur my kinders wat hier kamp om vadersdag saam met hulle te geniet. Ek kom 11h15 aan en betaal die dagbesoekers rarief van n R100.00 per persoon. Bied die R50.00 aan om met die voertuig in die oord tegaan. 2. Dit is hoog seisoen en geen dagbesoeker mag met voertuig in ry nie. 3. Die oord is nie eers 25% vol nie maar die ongerief aan al die dagbesoekers is merkbaar. 4. Vadersdag wat ons wou geniet het saam met die kinders en vriende wat die oord gereeld ondersteun word met n na smaak gelaat. 5. Van die familie wat n parapleeg is word ook verbied. Later word n toegewing gemaak.
Meneer die eienaar ..... hoop jou verlies is nie groter as jou wins nie. Toegewings vir senior persone en mediese toestande sou baie meer aanvaarbaar gewees het. Miskien sal ander dit aanvaar soos dit is maar ek dink dit is pateties. Sou jy uitgenooi gewees het om saam met jou geliefdes te verkeer sou jy die regiete houding geniet het? Groete Gys Stroh
