CL
Corrie L

1 reviews | Active since Feb 2011

08 Sept 2020, 13:57

Uitstekende diens!

Ek weet nie hoe kry King Price dit reg om hul werknemers so goed te kies nie, elke liewe een met wie ek gedurende die vyf jaar by hulle te doen gekry het, het my respek, vriendelikheid en my probleme en versoeke uiters professioneel hanteer. Vandag het ek vir Renier Herbst ontmoet wat my met gemak en op 'n vriendelike en gerustellende en ookj uiters professionele manier, binne minute deur 'n uiters moeilike situasie gehelp het. Vir my is dit ongelooflik wonderlik. Sien ... ek soos omtrent almal van ons beleef nou moeilike finansiële tye wat tot gevolg het dat ek nie meer my huidige premies op my versekering kan bekostig nie. Ek was bevrees ek gaan my motor versekering by King Price verloor. Met die uitsonderlike goeie diens wat ek deur die jare van hulle ontvang het, sal dit 'n groot verlies vir my wees. Renier het wraggies vir my uitkoms gebring deur my premie bekostigbaar te verlaag en ook in staat gestel om deur middel van die king price app my premie nog verder te verlaag deur my kilo's per maand te monitor - hoe minder kilo's ek ry hoe minder sal my premie wees. Hoe wonderlik is dit nie? Binne Minute het ek al die veranderdedokumente reeds op my e-mail ontvang!

Ek sê opreg baie dankie vir die uitkoms wat jy vir my gebring het.

Mag die Here jou seën met 'n wonderlike toekoms by King Price - saam is julle 'n wen span!

0
Replies (3)
King Price Insurance
King Price Insurance's reply08 Sept 2020, 15:34
Official
Goodness, you’re making us blush! We just do what we do… But we do try really hard to always deliver on our promise of award-winning royal service, so thanks for taking the time to say ‘thanks’. Wishing you a superfantastic day! 

CL
Corrie L's update08 Sept 2020, 15:48
Reviewer Update
I meant every word I said! ????
Thank you so much! ????????????
CL
Corrie L's update08 Sept 2020, 15:56
Reviewer Update
Oops sorry, the question marks are supposed to be little flowers .... Lol