1 reviews | Active since Jul 2014
Ontevrede Klient. Swak diens
Goeie Dag
Ek Jamiela Bird met polisnommer KP*** het n polis by julle uit geneem vir my BMW 320i MSport. Ek het die 18 of 19 de Augustus 2020 n eis by julle ingesit raakende my voertuig. Julle assessor Jaco Holtzhausen met ****aknommer ***, het in verbinding getree saam my raakende Eis. Hy het my ges***el of ek het hom ges***el en by daardie tyd toe ons praat raakende voertuig het ek vir Jaco gese hy moet met my Man in verbinding tree raakende voertuig. Jaco het aamhoudend vir my gese dat hy moet saam my praat omdat ek die polishouer is en ek verstaan dit 100% maar as dit by voertuie Kom moet hy saam my Man praat sodat my Man hom Beter kon verduidelik het. Op Donderdag die 03/09/2020 het Jaco my Man ges***el. Jaco en my Man gepraat raakende voertuig. Jaco het my Man gese toe Ons die Polis uithaal op 12 Junie 2020 by King Price met polis nommer KP*** dat die voertuig alreeds stukkend gestaan het. My man het toe vir Jaco gese hoe Kan hy wat Jaco is so se dat voertuig alreeds stukkend was. Jaco antwoord toe op my Man dit baat nie jy Lieg vir my nie want ons Sal wel uit vind of die voertuig gery het. Jaco se ook terselfde tyd vir my Man as julle vir my Bewyse Kan gee dat die voertuig wel gery het Dan Sal hy wat Jaco is dit aan stuur vir Superior.
Met dit het my man die korrekte kilometers aangestuur vir Jaco wat op die voertuig was toe ons aansoek doen vir die insurance. Alles dit is op julle Inspection sheet gelaai.
My kennis of volgens my is dit onaanvaarbaar dat n assessor Kan se King Price se klient LIEG of JOK.
Ek voel vernederd vir die feit dat ons beskou word as LEUENAAR. Die manier hoe alles hanteer was deur julle assessor Jaco Holtzhausen was en is Baie Onproffessioneel teenoor julle kliente. Julle terugvoering Sal grootliks Waardeur word.
Vriendelike Groete
Jamiela Bird
***
