1 reviews | Active since Jan 2020
Dankie vir baie geduld en goeie waarde vir geld
Baie dankie Siya Sicwebu vir jou uitstekende kliënte diens en ongelooflike geduld om vir my sover moontlik die beste waarde vir my geld te bied. Siya het bykans 'n uur en 'n half aan my vrae en onsekerhede spandeer en was nie vir 1 oomblik ongeduldig of my in 'n blik probeer druk nie. Hy was ongelooflik vriendelik en behulpsaam. En 'n uitstekende ambassadeur vir King Price. Dit is gerusstellend on te weet daar is in die toekoms 'n directed persoon met wie ek kan deel en het toegang tot sy e-pos adres, dit laat met nie voel jy is bloot net 'n nommer nie. Ek hoop van harte dat die dienslewering van die res van die maatskappy met road side assistance en eise ook so vlot sal verloop en sonder probleme. Die app om die inspeksie te vergemaklik is welkom en spaar tyd en moeite.
