MW
Monique W

1 reviews | Active since Feb 2015

03 Feb 2015, 16:00

Just Letting se diens is pateties!!!

Moet nooit deur die mense huur nie!!! Hulle diens is pateties en hulle het altyd kamstig n rede om nie die volle deposito terug te betaal nie!!!!! Ons moes in trek by n huis waar die vorige huurder nog in was, sy was n hoarder so die hele huis was vol van grond tot dak met net n paadjie waar jy kon deur loop... mens kon nie n inspeksie doen nie want jy kon nie die flippen huis sien nie, maar hulle het hul kamstige inspeksie lys toe ons nou uit trek!! agent het daar weg gery en geen hulp gegee nie, ek my man en my twee kinders moes vir twee dae lank tussen haar gemors lewe terwyl sy die goed laat weg ry het, ek was van die Vrydag tot die Sondag wakker... polisie was 4 keer daar maar hulle kon nie help nie, toe sy eventually daar uit is toe kon ek vir n week nie werk toe gaan nie want ek het nie sleutels gehad vir die huis nie, vorige huurder het als gehad!! Die huis was VUIL en opgemors en ons moes self alles skoon maak.... ons het tot die kombuis uit ons eie sak oor gedoen omdat dit vieslik was met gemufde kos in die kaste ens. nou na n jaar wat ons daar uit trek en als mooi skoon is, soek hulle mos weer redes om die deposito terug te hou...

0
Replies (0)