LL
Louisa L

1 reviews | Active since May 2016

02 May 2016, 15:02

Patetiese diens!!!!!

Goeie dag. Hiermee hoop ek regtig dat daar gewys sal word dat klientebevredeging steeds hoog geag word. Klaarblyklik geld dit nie vir Jet in Welkom oorkant die Liberty sentrum nie en veral nie vir die bestuurder, Robbie wat die winkel "bestuur" nie!! So staan ons almal in n baie lang ry. Eerstens is daar omtrent 10 personeel agter die toonbank, waarvan slegs 2 kassiere klere oplui en 1 kassiere rekening betalings vat wat in n ander ry staan. T****ens staan n vrou met klere in die ry van die rekeninge, so word sy toe maar net gehelp, ons ander staan maar in die lang ry. Derdens betaal n vrou voor my en ek staan geduldig en wag vir my beurt. So staan die se vriendin heelagter in die ry. Heel gemaklik en sonder skroom gee sy haar skoene en geld vir die vrou wat reeds klaar betaal het en net moet loop. Toe ek vra hoe werk dit, word daar vir my gelag. Ek roep die bestuurder, waar hy wraggies met n vieslike houding vir my se ek moet agtertoe gaan dan sorteer ons dit uit! Wat wil hy agter uitsorteer, die probleem is voor in die winkel. Volgens hom is ek verkeerd. Al wat ek vra, is as almal hulle goed vorentoe aangee hoe gaan die ander wat hul beurt staan en afwag ooit gehelp word?? Ons almal is haastig, ons almal het dinge om te doen, party van ons het babatjies wat lastig raak en buitentoe geneem moet word!! Maar party dink hul kan maar maak wat hulle wil. Uiters swak vd kassiere om die transaksie toe te doen en nog meer uiters swak van die bestuurder om toe ook nie te kon optree nie!!!!!! Sover ek sien op die blad is daar net klagtes oor diens. Wanneer gaan dit uitsorteer word?? Dis nie die 1ste maal wat ek n voorval gehad het by die spesifieke winkel nie. Dalk as meer personeel by hul kasregisters was en bietjie lus gehad het om te werk, sou die ry vinniger loop en frustrasie nie opgebou het nie en dan sou dit ook nie nodig gewees het van persone om in te druk nie. Dit is immers einde vd maand, of is hulle bang om hul kasregisters op te kas?? Waarom amper 20 kasregister, maar net 2 word beman en die res vd personeel staan rond agter die toonbank??

0
Replies (1)
Jet
Jet's reply03 May 2016, 09:55
Official

 

We thank you for bringing this matter to our attention. Service is a priority at our stores and we must apologize for this lapse in service. We have escalated the complaint to the Jet  Liberty management to address as our valued customer is not happy that the queues were long with only feew tills being pened and the other customers weere also aloowed to skip the queue, this is as per the post sent to us. A reference number for the formal complaint logged on your behalf is as follows ***/GO. The store management will make certain that this kind of incident does not re occur and provide the necessary training for our staff members.  It is feedback from customers like you that will ensure that we will continue to maintain the high standard of service that you expect of us. We trust as we rectify our errors you trust in us will be restored.

Kind regards,

Customer Experience Team

Call Centre: 0800 203 925.