1 reviews | Active since Aug 2011
VANG MENSE OP VALSE VOORWENDSEL
Ek is ge****ak deur IPS Health & Wellness nadat ek my lidmaatskap wou kanselleer, aangesien ek nie tevrede was met die produkte wat hul maandeliks aan my gestuur het nie. Die dame het toe genoem dat daar 'n opsie is waar ek R262 per maand kan betaal, en dan kan ek self op hul webtuiste gaan, en aankope doen soos wat ek graag wou hê. Ek hoef nie elke maand te koop nie, maar kan wag tot die geld ophoop, en dan iets koop. Gisteraand toe ek aankope wou doen, kon ek nie, want die voucher nommer wat hul vir my gestuur het, is nie geldig vir items op SALE nie!!! Hoe belaglik!! Hul neem maandeliks jou geld, en ontvang rente daarop, maar jy mag nie items op uitverkoping bestel nie! LET WEL: Die dame wat my omgepraat het om voort te gaan met die lidmaatskap, het abaoluut niks gesê dat mena nie geregtig is om SALE items te koop nie! So mense, wees gewaarsku!! Pasop vir IPS Health & Wellness! Hulle vang mense lelik! Wil natuurlik ook nie my geld terug gee nie, want die geld word kwansuis omgea***el in PUNTE! Ek gaan dit verseker nie daar laat nie. Hierdie maatskappy vang mense op valse voorwendsels om maandeliks geld van jou te kry, maar dan mag jy as lojale kliënt nie SALE items met daardie geld koop nie. Wees gewaarsku!
Let asseblief daarop dat ons slegs een uitverkoping item op die webtuiste het, en ons sit hierdie offers baie min op die aanlynwinkel.
In Februarie 2022 toe ons jou aangeteken het op die Health Bucks lidmaatskap, het ons nie so 'n opsie gehad nie, daarom was dit nie genoem dat Health Bucks ongelukkig nie op sale items gebruik kan word nie.
Ons vra om verskoning vir die miskommunikasie hiervan!
Ons reël wel dat 'n konsultant jou so gou as moontlik verder help met jou versoek.
IPS Health & Wellness Span