JPdN
J P de Nysschen

1 reviews | Active since Sept 2016

07 Sept 2016, 11:25

Koop van probleem motor

<p>4 Maande gelede het ek n Chry QQ by Imperial Pretoria gekoop. Hoewel die motor aangenaam bestuur en lig op brandstof is het ek net probleme ondervind. binne die eerste week het die remme begin skree, die enjin waarskuwings lig jet begin aangaan en die koppelaar was baie laag so dat die ratte begin krap het.</p> <p>Ek het hom terug geneem en 3 weke later eers ontvang en net die koppelaar is reg gemaak. Hoewel ek die motor daagliks gebruik het die remme steeds bly skuur en die enjin waarskuwingslig steeds bly aangaan. ek het die verkoopsman ge****ak en ek is meegedeel dat die werkswinkel geskuif het . ook moet ek die probleme met die werkswinkel bestuur uitsorteer. Die motor het begin warm word en die bestuurder se elektriese venster werk ook nie meer nie.</p> <p>Die motor stann nou al geparkeer vir n tydperk.</p>

0
Replies (1)
Motus Select
Motus Select's reply07 Sept 2016, 11:49
Official

Ons bevestig ontvangs van u klagte en vra dat u asseblief vir ons die geleentyd gee om die saak te ondersoek en op te los.

Die Werkswinkel Bestuurder word in kennis gestel van u klagte so dat hy die probleem kan uitsorteer.

Ons vra om verskoning vir die ongerief.

Byvoorbaat dankie,

Rennette Crock

National Customer Care Manager

Imperial Select - AMH Multifranchise ( www.imperialselect.co.za )

**********

Tel: **********