JT
Japie T

1 reviews | Active since Sept 2015

04 Oct 2015, 20:05

Onregverdige aftekkings op studente 22020 en 22042

Ons het vir ons agterstallige salaris van 9 maande gewag en het ons 2 kinders by Impak Onderwys ingeskryf en vir maandelikse afbetalings gevra. Met ontvangs van net 70% van die geld het ons na Springbok in Namakwaland gerys vir 2 werks onderhoude. Op 31/03/15 om 15H20 het ons Impak ges***el en met Theo gepraat en hom vir aflos bedrae gevra. Theo het geantwoord dat vir Student 22020 is dit R1222.50 X 7 = R8557.50 en vir Student 22042 is dit R1397.98 X 7 = R9079.98. Ek het hom 3 maal gevra of die bedrae reg is en hy wou ons `n e-pos stuur maar ek het hom gese dat ons `n 1800km van ons huis is en eers oor 2 weke huistoe gaan, dis al einde Maart en die kinders het baie om op te vang, ons kan nie nog 2 weke wag nie. Op 02/04/15 het ons die 2 bedrae in Impak se FNB rekening te Springbok inbetaal. Ons het nie weer van Impak gehoor nie, geen rekening of maandstaat van hulle ontvang nie. Nou trek hulle maandelikse paaiemente uit ons rekening en beweer dat ons net `n gedeelte betaal het en dat ons vir afbetalings gevra het. Selfs hul Finansiele Bestuurder (Tobie Botha) kan ons nie help nie, niemand praat met Theo oor die probleem en wil dit ook nie regstel nie. Ons moet maar net bly betaal.

0
Replies (1)
Impaq Education
Impaq Education's reply05 Oct 2015, 08:54
Official
Hello Japie56,

Dankie vir jou terugvoer.

Die klagte is deurgegee aan die betrokke departement en 'n agent sal jou ****ak om die situasie op te los.

Ons vra verskoning vir enige ongerief veroorsaak.

Groete
Impak