1 reviews | Active since Jul 2017
0/10 Impaq, Swak instruksies op take!
Op 6 Augustus 2019 het ons op My.Impaq ingeteken en gesien dat 'n punt van 0/50 en 0/25 vir onderskeidelik Afrikaans taak 2 en Taak 3 toegeken is. Ons het die take afgelaai en gesien dat die merker 'n aantekening gemaak het wat sê dat getikte take nie aanvaar word nie. (Wat ons nie geweet het nie, aangesien dit nêrens op die opdrag DUIDELIK aangedui is nie). Daarna het ons so gou moontlik die geskrewe weergawe van beide hierdie take geskandeer en per e-pos aan Impaq gestuur. Op die 12de Augustus kry ons toe 'n e-pos (Ticket Number 133330) wat sê dat dit 'n "resubmission" is en dat ons die betrokke vorm moet invul en 'n fooi van R 110 per komponent moet betaal.
Vanoggend het ek hulle gebel om die kwessie te probeer opklaar, maar helaas onsuksesvol. Ek het met Me. Lebo Moiloa gepraat, wat my laat verstaan het dat die BELEID nie toelaat dat taal opdragte getik mag wees nie(Dit kan ek volkome verstaan nadat sy die situasie verduidelik het). DIE PUNT IS EGTER DAT ONS NIE KENNERS VAN DIE BELEID IS NIE EN DAAROM VERWAG DAT OPDRATE DUIDELIKE INSTRUKSIES SAL INSLUIT byvoorbeeld(Netjies en leesbaar GESKRYF... OF ...Nie getik nie...)! Ons betaal Impaq immers om goed gestruktureerde asseseringsmateriaal uit te werk omdat ons self nie die vermoë/kennis het om dit uit te werk nie!
Me. Moiloa het verder gegaan en gesê dat die feit dat die frase "Skryf 'n opstel" daar voorkom voldoende instruksie is, wat volgens my nie die geval is nie.(Dit insinueer miskien die verlangde formaat maar stel dit nie duidelik nie!) Skrywers skryf immers boeke meestal in getikte formaat...
VERDER is Lewensoriëntering 'n baie goeie voorbeeld om na te verwys. Daar word duidelik aangedui dat jou taak "Netjies en Leesbaar geskryf" of "Getik in Arial 12 ingedien kan word" wat nie die geval by die tale is nie...
NOG verder het die merker van Engels ons in kennis gestel dat die formaat van Taak 3 nie korrek is nie en versoek dat ons die taak in die korrekte formaat oplaai voordat dit gemerk word. Iets wat nie met Afrikaans gebeur het nie...
Ek vertou dat julle die probleem sal uitsorteer en voortaan duidelike instruksies by alle take sal insluit!
Thank you for your email.
Your complaint has been forwarded on to the manager of our Assessments Department as a matter of urgency.
Regards,
Impaq
Thank you for your email.
Your complaint has been forwarded on to the manager of our Assessments Department as a matter of urgency.
Regards,
Impaq
Thank you for your enquiry.
The manager of our Assessments Department, that being Ronel Rabie has submitted feedback to you via email communication, with reference to your complaint.
Regards,
Impaq
Thank you for your enquiry.
The manager of our Assessments Department, that being Ronel Rabie has submitted feedback to you via email communication, with reference to your complaint.
Regards,
Impaq
