1 reviews | Active since Oct 2013
GEEN GENADE!
ek is 'n nuwe huurder in 'n kompleks en het gister die verrassing gekry dat my krag afgesit is. die eienaar van die huis is in Hospice en haar sussie het al haar admin sake probeer hanteer en ongelukkig die krag rekening gemis. nou sit ek sonder krag en dis nie eers my skuld nie. die eienaar is maandag oorlede, so nou is dit nog onnodige stress op haar sussie om als te probeer uitsorteer. die bedrag op die briefie wat ek gekry het was R717 en die sussie het R637 betaal, volgens die laaste rekening wat sy gekry het.<br> <br> nou wil hulle nog nie my krag aansit nie, wat die volle bedrag moet vereffen word. die sussie is besig met begrafnisreelings en die dame by impact het geen simpatie om net met hierdie situasie te help wat buite almal se beheer is!<br> <br> dis regtig hartseer dat mens so behandel moet word!
