HLHC
Heila Levina Helena Cronje

1 reviews | Active since Jun 2015

26 Jun 2015, 09:20

Onprofessionele en swak diens!

'n Nuwe kar is aan my verkoop sonder voldoende inligting. Aan my is ges? dat Crystal Fusion, Tracker en Smash and Grab standaard met die kar uitkom. Dit doen egter nie! Ettienne het aan my ges? die tracker is nie geaktiveer nie. Dit is sedert 26 Februarie 2015 geaktiveer en ek het dit uitgevind 19 Junie 2015! Dus betaal ek 'n ho?r premie by my versekering. Met my nommerplate het ek gesukkel! Dan s? Ettienne dit is daar maar die disc is nie daar nie en dan weer anders om! My kar is wit, maar op die papiere staan my kar het metallic paint op. By navraag het Adele ges? dit is 'n vingerfout en moes smash and grab wees! Dit kos dieselfde! My inruilmotor se paaiement het die 1ste maand afgegaan wat 'n nalatige fout van hulle kant af was! Daar is nagelaat om vir my te vertel die crystal fusion is vir 3jaar en elke 6maande kan ek dit heraktiveer! Ek het 'n balloon payment nadat ek uitdruklik ges? het ek nie dit wil h? nie! Hyundai Weltevreden Park is uiters onprofessioneel en nalatig!

0
Replies (0)