LB
Lindi B

1 reviews | Active since Mar 2018

12 Mar 2018, 13:10

huurkor Hatfield - Uittrek inspeksie / deposito

Ek het by huurkor gehuur. Daar is 'n uittrek inspeksie gedoen deur huurkor Hatfield. Die man het gesê die plek lyk soos 'n splinter nuwe plek so skoon is die plek toe ons die uittrek inspeksie gedoen het. Vandag kry ek 'n epos om te sê daar word R950.00 af getrek want die man wat die inspeksie gedoen het sê die plek was vuil. Die dames op kantoor het vir hom gesê ek is die mislikste, kwaaiste, mens en hy moet hare op sy tande hê om met my te werk - en hy in die selfde asem het gesê ek is baie vriendelik. Die een vrou sê my plek was skoon gemaak gewees voor ek in getrek het, dit nadat ek Maart in getrek het en die skoonmaak is eers in April gereël... huurkor Hatfield praat uit twee monde uit.

0
Replies (0)