1 reviews | Active since Jul 2017
DIE GEHALTE VAN DOEKE IS 'N GROOT BEKOMMERNIS!
<p>Die afgelope maand se ervaaring van Huggies Comfort doeke is skrikwekkend. My skoon dogter koop graag Huggies Comfort doeke vir my klein kindjie van 23 maande oud. Ons is tans op ons 3de pak doeke van Huggies Comfort, waarvan ons die volgende ervaar:</p> <p>1. Die gehalte van doeke is uitters belaglik. Die doek is nie behoorlik vol nie en skeer langs die kante, wat dan veroorsaak dat die "jelly" uitval en my klein kind se broekie afloop. (Swak gehalte doeke veroorsaak, meer doeke verander en meer doeke koop).</p> <p>2. Ek kyk na my klein kind in die dag terwyl Mamma en Pappa werk, so dus gaan sy saam Ouma dorp toe vir die nodige. Ek is al paar kere gevang waar ek moes hardloop vir die naaste badkamer oor die doek geskeer het en my klein kind, asook myself, sop nat maak.</p> <p>Hierdie is verskriklik fustreerend. Ek wou eers nie skryf aan julle nie, maar na die 3de pak Huggies Comfort doeke koop, en al 3 pakke maak so, is nie vir my toelaatbaar nie. (Dalk 'n faulty batch - Wie weet). Ek skryf vandag aan Huggies sodat hierdie onder hulle aandag kan kom.</p>
