1 reviews | Active since Sept 2021
Swak klientediens
Ek is baie ontevrede met Hollard se kastige kliëntediens. Baie swak. Op 3 September het ek niks minder as 4 ure en airtime van meer as R500 gemors om 'n probleem aan te meld, wat nog van oplos?Al wat ek wou weet, is hoekom daar dubbele aftrekkings gemaak is vir premies. Ek is van bakboord na stuurboord gestuur deur verskillende agents van die inbelsentrum. Ene Kholekhile het belowe 'n manager sou my terugbel teen 6 September. Tot hierdie uur toe wag ek daarvoor. Hoekom is hulle so gou om jou te ****ak vir produkte verkoop, maar as jy hulp benodig, kom hulle nêrens vandaan nie. Dis 'n skande. Op die ou einde het ek 'n nommer van 'n Kaapse kantoor van die maatskappy in die hande gekry en ek is onmiddellik gehelp en 'n verduideliking gegee.
