1 reviews | Active since Oct 2013
Herotel - Bredasdorp
Wees versigtig vir die Herotel verkoopsmense in Bredasdorp! Hulle lieg blatant vir huiseienaars om hulle toerusting op privaat eiendom te kry. Ek huur 'n huis en nadat ek hulle duidelik laat verstaan het dat ek NIE belangstel in hulle diens NIE, en dat hulle in elk geval toestemming by die eienaar moet kry vir so 'n installasie, het hulle die eienaar ge****ak en gesê ek het aansoek gedoen vir die plant van 'n onooglike paal en lê van kabels deur die erf! Dis 'n infame leuen en ek sukkel nou al van Desember 2021 af dat hulle die toerusting moet kom verwyder maar almal maak beloftes wat niks van kom nie. Die eienaar het toestemming gegee omdat hulle hom onder die indruk gebring het dat ek daarvoor aansoek gedoen het.
