JC
Johannes C

1 reviews | Active since Apr 2017

20 Aug 2019, 11:07

Automotive

In Oktober 2017 moes ek weens omstandighede 'n ander motor koop. James Olivier van Group 1 Nissan, Kuilsrivier, laat weet my hy het 'n baie goeie motor vir my. Atos Prime GLS Auto. die motor het net 59.000 km op. Prys R65.000. Markwaarde op daardie stadium is ± R38.000. Die prys is darem hoog. Ja, maar gesien die mooi toestand van die motor en die lae Km's en al die extras, ens. is dit die moeite werd. Van dag 1 af gebruik die motor olie. Tans staan die motor in my garage sonder olie. Gooi jy die olie bo in, dan loop dit onder uit. Sies vir Group 1 Nissan om 'n ou man wat 'n SASSA pensionaris is so te belieg en met meer as R20.000 te besteel. My versekering wou daardie tyd die voertuig met al die sogenaamde ekstras net vir R45.000 verseker. Ps. Ek het vergeet om te sê :- 1. So wag ek nou nog vir die diensboek van die motor? Ek kan nie glo dat die vrou wat nou kwansuis so mooi na die Atos gekyk het, die diensboek sou weggooi nie? Hoekom wil julle nie die diensboek vir my gee nie? Omdat die motor dalk 159.000 km op het en nie net 59.000 soos julle beweer nie? 2. Moet my nie probeer bel op my sel nie. Ek praat nie op ’n sel nie en ek het my redes daarvoor! 3. Epos my – ***

0
Replies (2)
Group 1 Nissan Kuils River
Group 1 Nissan Kuils River's reply20 Aug 2019, 11:52
Official
Goeie dag Johannes, ons het jou terugvoering aangestuur na Lance St. Clair, die handelaarshoof van Group 1 Nissan Kuils Rivier. Stuur asb jou epos adres sodat hy kan reageer, alternatiewelik kan jy jou epos adres vir hom stuur op ***. 

JC
Johannes C's update26 Aug 2019, 12:37
Reviewer Update
Ja, ek het my epos adres aangestuur aan *** Shareen Davids het dit op die 20ste gelees, maar tot nou toe het ek nog geen terugvoer gekry nie. Ek het die probleem vandag weer geplaas. Werk die Lance St. Clair nog by Group 1 Nissan??