BP
Belinda P

1 reviews | Active since Mar 2009

20 Feb 2017, 13:19

ROTTEN!

Ek kon Helopeter toe gegaan het, maar gevoel die mail sal meer geskik wees, hopelik. Ongelukkig het julle besluit om nie te reageer op my e-pos nie, so daarom voel ek maar ander moet maar bewus wees hiervan, voor hulle ook geld in die water gooi soos ekke.

Ek wil net onder julle aandag bring dat ek regtig regtig regtig nie graag wil moan oor enige iets nie, maar nou het dit net te ver gegaan en ek is bitter teenoor julle winkel, produkte en diens.

Ek was seker vir 2jaar nie 'n ondersteuner van julle nie, weens vrot vleis! Maar op 'n dag nou in Desember 2016 toe was ek in die omtrek en besluit om sommer gou daar in te loer, duidelik vergeet van die vorige ondervinding.

Ek het goedjies gekoop en by die huis gesien halfte van die vrugte en groente is vrot, die koek was bitter droog en die paninie kon mens iemand doodgooi daarmee, die douglas dale melk is elke keer 'n dag later suur, alhoewel dit nog nie verval het of naby verval was nie, dit daar gelos, dis mos warm so dis half verstaanbaar, het ek myself getroos vir julle part, maar julle is veronderstel om dan die goed kouer te stel!

Weer in Desember soontoe gegaan en my lieflik vererg vir die diens by die ****huis en dan ook nou weer met die sekuriteit wat darem baie picky is oor wie se slip hy vat en wie nie, hy het sy voet voor my trollie gesit om dit te keer en ek het bo oor sy voet gery en vir hom duidelik laat weet ek is nie daar om te wag tot hy klaar is met sy gesprek nie.

Weer twee weke terug daar gaan draai ten spyte van my ongelukkighede, en vleis gekoop.
By die huis gekom, dadelik in die vrieskas gebere en dinsdag aand bacon uitgehaal en toe ek die 1kg diced pak oopmaak het dit so gevrot ek het amper gekotz. Ek het in sak gesit met die doel om na julle terug te keer met my ongelukkigheid. Ek het nie, want ek was eenvoudig net nie lus vir die drama nie, en dit sondag in die asblik gegooi.

Selfde dag as wat ek die bacon toe nou weg gooi, het ek 'n rump uitgehaal vir braai die aand, nie eers gedink dat daar moontlikheid kan wees van vrot wees nie, 5uur toe ons wil braai en al die ander kos was reg ens, toe ons die vleis oopmaak, VROT dit, toe is ek woendend boos en verby myself van kwaad, my man moes net daar kfc gaan koop.

Ek is bitter teleurgesteld met julle produkte, ek het nie tyd om heeldag agter julle aan te ry met julle vrot produkte nie, maar hoe kry julle dit reg dat amper al julle vleis vrot is, dis belaglik, en dan moet ek nou byse, al die geld wat ek nou in die water gegooi het oor julle vrot goed, wat nou al meer as R800.00 is, en dan moet ek net se, dat almal mos net R800.00 so kan weggooi.

Ek is baie ongelukkig en soek asb NIKS verniet van julle nie, ek wou julle net se julle goed VROT en PATETIES.

Maar die kanse wat julle anyways enige iets hieroor gaan doen is mos skraal.

Lieflike dag verder.

0
Replies (0)