PJ
Peter J

1 reviews | Active since Oct 2015

21 Oct 2015, 10:02

Voertuig het olie verbruik en onder warrantee

Voertuig het swart wolke uitgelaat elke keer as hy aangesit word en het tot 4 liter olie op 'n **** gebruik. Ingestuur, en na hul waterpyp, Turbo, Engin ens vervang het is die olie lek reg. Maar as gevolg van swak vakmanskap het ons die voertuig nie behoorlik 2 weke altesaam gehad in die tydperk vanaf 03.08.15 - 15.10.15 nie. Elke keer as hul voertuig terug gee lek hy net nog meer olie. Ons het ook die voertuig teruggekry met vuil olie merke op sy dak binne wat ons nie skoonkry nie en ook 'n chip op die windscreen wat so groot is dat ons die windscreen moet vervang. Ons het geweldige hoe petrol uitgawes moes aangaan aangesien ons 'n petrol kaart het op ons voertuig wat deel is van my salaris pakket. Met al die leen voertuie moes ek self petrol ingooi wat tussen R6000 en R7000 is. Ons het met Mazda SA gepraat en hul gaan ons nie vergoed nie. Hul swak en nalatige vakmanskap het ons 'n baie groot finansiele knou gegee. Eastvaal in Witbank kom ook nie terug na jou nie, jy moet SUKKEL om hul in die hande te kry, hul belowe dat hul jou sal ****ak maar dit gebeur net nooit nie, jy bel maar agter hulle aan. Hul wag altyd vir parte! Die voertuig was nog onder warrantee.

0
Replies (1)
Eastvaal Motors
Eastvaal Motors's reply21 Oct 2015, 10:25
Official
Hello 12poplap,

Goeie dag Mnr Jacobs

Ons is jammer om te hoor oor jou ondervinding by Eastvaal Motor City

Ek het die Handelaar Bestuurder gevra om ondersoek in te stel en hy sal jou ****ak binne 24 uur.

Groete
Eastvaal Motors