WN
Wynand N

1 reviews | Active since Feb 2020

12 Feb 2020, 12:52

Eastvaal motors Ford Middelburg

Absoluut onaanvaardbaar!! In 2019 het ek my Ford Everest gevat vir die 40 000 km diens. Die motor het Niks makeer toe my vrou dit ingevat het nie. Ons het die voertuig terug gekry en dit het skielik fout gehad. Met in en uit die diens afdeling is dit nou al plus minus ‘n jaar wat my voertuig By Ford Middelburg is. Hulle is vol verskonings en leë beloftes, die tegnikiste het die voertuig so te se al deur gestrip (let wel 40 000 kilos op) en tot vandag toe kan hulle ons geen antwoord gee oor wat fout is, of hoe lank dit gaan neem nie en hul vat hul tyd!!! In tussen betaal ek ‘n Ford Everest Limited paaiement maar ons kry laer klas demo om me te ruil, en dit is ook elke 2 maande moet my vrou ‘n ander voertuig gaan haal om me te ry want daar is geen antwoord op myne nie. Hulle se elke keer die voertuig sal more of volgende week reg wees, die manager is ook amper nooit beskikbaar wanneer ek daar aankom nie. Ek het hul 2de handse motor afdeling gevra of hulle nie my voertuig kan inruil sodat ek net van Ford kan ontslae raak en hul antwoord is ongelukkig is die voertuig uitmekaar en kan hul nie nou wardasie doen vir inruil nie??? Ek betaal ‘n voertuig waaruit ek geen nut kry nie, en teen die tyd wanneer ek die voertuig gaan terug kry is die hele ding al hoeveelkeer uitmekaar uit gehaal - ek het juis ‘n splinternuwe voertuig gekoop om nie te sukkel nie. Tot die eerste Everest wat my vrou moes ry in die plek van ons sin het ons na 3 dae terug gegaan Ford toe want die turbo pyp het afgekom? My vrou is swanger en ons kleuter se kar stoel is ook in en sy moet elke 2 maande sukkel om voertuie te ruil, en dan intussen is ek onseker of die goed ooit beteoubaar is!!

0
Replies (0)