1 reviews | Active since Jun 2018
SWAK KLIENTE DIENS
Ek is baie ongelukkig met die diens wat ek by Gert gekry het..Eerstens het ek 6500 vir my rok betaal net om te huur en ons het bespreek soos ek dit wou gehad het.Toe die rok gemaak is toe het ek hom aangepas maar was nie gelukkig en het hom gevra om die skouers te verander weens ek nie baie van die dun straps gehou het wat hy vir my gemaak het nie..Hy het nie gedoen soos ek gevra het nie en n week voor my troue het ek geen meer keuse gehad.Hy het sy eie besluite gaan neem dat dit nie sou mooi lyk nie en toe dit nie reggemaak nie..Ons reeling was dat hy vir my naked sandals by my rok sou maak en toe ek hom daaroor vra het hy vir my gese hy het nie tyd daarvoor nie waar hy baie lank voor die tyd geweet het hy moet dit doen.My sleep wat om my nek gekom het het my gekrap weens hy ook sy eie besluite gaan maak het om n swaar krital op te sit wat my verwurg het toe ek daarmee geloop het.My suster en my ma het hul rokke ook by hul gemaak waar daar fotos vir hom gegee het maar toe die rokke klaar was het dit nie naastenby soos die rok op die foto gelyk nie.Ek kon netsowel chinamall toe gegaan het vir die cheap look rok wat hy vir my suster gemaak het.My ma se rok was te kort gewees en n dag voor die troue toe moes hy n ander rok maak vir haar wat op die ouend ook te klein was vir haar.Ek dink persoonlik hy luister nie na die klient nie en dat hy maak nes hy dink.Ek het hom per whatsapp n boodskap gestuur en het net vieslike kommentaar terug gekry.Ek sal nie iemand na hom aanbeveel nie want die dag wat ek gegaan het om my rok te bespreek het hy dit uit sy duim uit gesuig ook wat die prys is ..dit hom nie eens 5 minute gevat nie selfs met my ma en suster se rok wat ek gedink het overprised was.Hy het my aangfejaag met betaling ook toe die rok nog nie eens klaar was nie ek dink regtig dis die swakste diens wat ek al ooit gekry het en dat jy so met jou kliente praat is onaanvaarbaar.
