YVdW
Yolande Van der Watt

1 reviews | Active since Mar 2017

06 Dec 2018, 08:43

Beskuldig as dief by Dis-chem

Op 5 Desember 2018 het ek Vitamiene en Verkoue middels vir my dogter by Garden Route Mall in George se Dis-chem gekoop. Terwyl my dogter sit en speel met haar Barbie wat ons vroeër die dag gekoop het by Toys R Us word ek aangekla deur die kassier, D Baartman, dat ek nie vir die pop betaal het en ek moet vir hom betaal. Toe ek haar daarop wys dat ons hom by Toys R Us gekoop het sê sy ek moet dit bewys, ek vra haar toe of sy probeer sê ek is 'n dief en dat ek die pop gesteel het, waarop sy antwoord sy wil sien en seker maak. Vir ons as gesin wat vakansiegangers is in Mosselbaai is dit baie swak en 'n vieslike klap in die gesig. Ek sal nooit weer na George of die Garden Route Mall gaan. Dit is die ongeskikste en onvriendelikste personeel en inwoners in die stad!!! Skaam julle George en Dis-chem Garden Route Mall!! Patetiese diens!!

0
Replies (0)