1 reviews | Active since Aug 2019
Faulty Defy Stove and no proper feedback
Goeie Dag 18 Januarie 2019 het ek 'n Defy 4 plaat stoof by Burger Meubels in Bellville gekoop. Op 19 Februarie 2019 rapporteer ek die oond wat vreeslik baie stoom uitlaat by die oond deur - dit is so erg dat jy nie met potte kan besig wees terwyl jy bak in die oond - dit veroorsaak dan water wat net mooi op die oonddeur se venster gaan lê .... nie lank nie, dan gaan dit mos roes veroorsaa**** 7 Maart 2019 stuur Defy tegnikus uit om te kom kyk - hy sê daar moet 'n part bestel word om stoom te verminder .... 19 Maart 2019 word "oven gasket" ingesit. Stoom is bietjie minder. 1 Julie 2019 is ek besig om stoof skoon te maak en kom agter dat beide my 2 groot plate los is??? Ek rapporteer dit op 1 Julie 2019 - 5 Julie 2019 kom tegnikus - Joseph - uit en kom draai plate vas! Plate skiet toe vreeslik sodra ek dit aansit en ek rapporteer dit weer en stuur ook 'n email aan *** - Niemand gee enige terugvoering. Tegnikus Joseph bel 30 Julie 2019 en vra nogals wat is nou weer die probleem!!! 31 Julie 2019 kom kyk tegnikus Joseph na stoof en hy kan sien dat plate beskadig is agv van die "skietery" van die plate en sê dit is my ou hart potte want die bodems is kwansuis nie plat nie!!! Ek het toe weer vir Burger Meubels gebel op 7 Augustus 2019 en is verwys na 'n mnr Georgia by tel *** - geen ant op 7 Aug - prober weer bel op 8 Augustus los 'n boodskap om 9:50 aangesien hy besig is met oproep - niemand bel terug!!!! Bel weer 8 Augustus en los weer 'n bsk 12:25 .....ek wag nou nog vir terugvoering!!!! Ek vermoed dat ek 'n reject van Defy gekoop het - ek voel net dat my stoof moet vervang word met 'n nuwe stoof en nie elke keer reggemaak word nie, waarvoor is daar 'n 2 jaar waarborg op 'n stoof????? Ek sal nie sommer gou weer 'n Defy produk koop nie!!
