CB
Carla B

1 reviews | Active since Mar 2024

01 Mar 2024, 06:43

Uitstekende diens van Debtbusters en Devon Leo

Goeie môre. Die 5 jaar wat ek by Debtbusters was, was regtig aangenaam. Wanneer ek navrae gehad het, was die antwoorde gou gegee en mooi verduidelik. Ek het wel die eerste 2 weke van Februarie 2024 baie gesukkel. Ek het op 31 Januarie 2024 ges***el ivm geld wat afgetrek was einde Desember 2023 en weer sou aftrek op 1 Februarie 2024. Die dame met wie ek gepraat het oor die foon, was baie vriendelik en behulpsaam, maar ongelukkig het ek nie alles mooi verstaan wat sy gesê het nie. Ek het na die oproep n epos gestuur aan Debtbusters en gevra dat iemand vir my asb in Afrikaans sal verduidelik. Ongelukkig het ek vir 2 weke gesukkel. Ek het verskeie eposse gestuur na verskillende epos adresse, maar geen terugvoering ontvang nie. En toe s***el Devon Leo my van Debtbusters en wow! Ek kan met eerlikheid sê dat Devon n uitstekende lid van jul maatskappy is! Hy het na my geluister en geantwoord. Hy het soos hy belowe het, my terug ges***el en my verduidelik wat gebeur het. Hy het my op hoogte gehou deur eposse te stuur en ook telefonies te s***el. Sy kliente diens is regtig 100%. Hy is vriendelik, hy luister mooi na sy klient, hy kommunikeer met sy kliente en help sovêr as wat hy kan. Ek kan nie genoeg dankie sê vir Devon se hulp nie.

Ek wil wel ook vir Debtbusters baie dankie sê dat hulle my so mooi gehelp het. Ek wou verdrink in my skuld en het op die ou end besluit om hulle te ****ak. Dit was n wyse besluit. Baie dankie Debtbusters vir jul hulp. Nie net het julle my gehelp met my skuld nie, julle het my indirek geleer om geld te spaar as ek iets wil koop. Ek gaan verseker nooit weer in die posisie sit wat ek 5 jaar terug in was nie. Weereens baie dankie aan Debtbusters en Devon Leo.

0
Replies (1)
DebtBusters SA
DebtBusters SA's reply01 Mar 2024, 07:07
Official
Dear Carla B,

Thank you for your stellar review, we are thrilled to receive it!
 
Your satisfaction is our ultimate goal, and we are dedicated to ensuring it stays that way.

Thank you sincerely for choosing DebtBusters!

 Best regards,
 DebtBusters.